ALBERTINIA NUUS - Albertinia-fotografieklub het Vrydag, 17 Julie bymekaargekom om foto's van die hemelruim te neem.
Gedurende die inperking het klublede hul foto's slegs ingestuur, waarvan elke maand 'n lekker tema gehad het. Die tema vir Julie was "Sterre".
Die heringestelde aandklokreël het sake effens bemoeilik omdat dit die tyd vir foto's neem beperk het. Van die klublede het gesê dat ‘n paar verskietende sterre, vliegtuie en selfs sateliete darem te siene was.
"Hierdie was ‘n positiewe gevoel wat die hart warm maak. Nader aan God se skepping," aldus Nicoline Oosthuizen. Nog 'n klublid het genoem dat ‘n mens nogal erg met jou kamera se instellings in die nag sukkel.
So leer ‘n mens maar jou kamera ken, dag of nag.
So leer ‘n mens maar jou kamera ken, dag of nag.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'