RIVERSDAL NUUS - Na aanleiding van ‘n uitstalling in Desember in Jongensfontein om hulde te bring aan wyle Jan Ernst Abraham Volschenk, bekende inwoner en kunstenaar wat in die distrik Riversdal op 20 Augustus 1853 gebore is, het Hessequa Kunsroete besluit om al die historiese dokumentasie aan die Julius Gordon Africana Sentrum/Versfeld-huis te skenk.
Die oorhandiging het Dinsdag, 11 Januarie geskied en sal aanvullend gebruik word by die museum se reeds omvattende versameling oor die Volschenks.
Volschenk was as 'n besonder geliefde inwoner van die dorp vereer deurdat 'n straat en Laerskool Volschenk na hom vernoem is.
Vandag is sy kuns wêreldwyd bekend en kom versamelaars graag na die skilderye wat in die Julius Gordon Africana Sentrum/ Versfeld-huis pronk, kyk.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'