RIVERSDAL NUUS - Die Hessequa-munisipaliteit het reageer op navrae ontvang oor die slote wat tans op sypaadjies gegrawe word vir die lê van veselkabels en onderhandelinge wat met inwoners gevoer word oor die oprigting van midblokpale op private eiendom in Riversdal.
Didi Budricks, woordvoerder vir die Hessequa-munisipaliteit, verduidelik dat die diens ingevolge toepaslike wetgewing gereguleer word.
“Die lewering van die diens word ingevolge die betrokke wetgewing en beleid oorgelaat aan diensverskaffers en spesialiste in die veld om internet konnektiwiteit te verseker."
Budricks sê ingevolge die betrokke wet en beleidsdokument moet munisipaliteite internet konnektiwiteit verseker met inagneming van munisipale administratiewe prosesse.
"Vir dié doel het Hessequa ingevolge 'n raadsbesluit toegesien dat elke diensverskaffer 'n volledige aansoek indien waarin die roetes van kabels en oorhoofse lyne aangedui moet word en dat hulle ondernemings vir die herstel van enige infrastruktuur moet gee."
Budricks sê verder dat as gevolg van finansiële implikasies, asook enige toekomstige instandhoudingskoste, vesel nie op die munisipale begroting oorweeg word nie. "Die werk moet ook volgens die Hessequa-veselstrategie plaasvind."
•Lees meer in die Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'