Update
HESSEQUA NUUS & VIDEO - Kinders met kanker van Albertinia, Riversdal, Heidelberg en Swellendam is met 'n geskenk en 'n motorfietsrit op Vrydag 10 November verras.
Izak Wessels van Mosselbaai het self 'n pad met kanker gestap en het gereeld op sy motorfiets gery om sy kop skoon te kry tydens sy chemoterapie.
Hy het in hierdie donker tyd van sy lewe absoluut die genade van die Here beleef.
"God het vir my gesê om Hom te herinner aan Sy beloftes, nie omdat Hy dit vergeet nie, maar sodat ek dit kan onthou."
Izak is tans in remissie en getuig dat sy genesing God se genade is.
Hy het besef hoe baie kinders daar is wat kanker het en geweet dit moet vir hulle baie moeiliker wees as vir volwassenes.
Hy wou 'n verskil maak en het besluit om dit wat hom gehelp help, te gebruik om ander te help.
Die uitreikrit G3 is vyf jaar gelede begin. Dit staan vir genade, geloof en genesing. Volgens sr. Desiree van Deventer van die plaaslike kliniek was Izak verlede jaar ook op Heidelberg.
Een van die kinders met kanker, Tomeno het vir 'n krieketstel gevra, wat hulle toe wel gebring het.
Izak Wessels en Farren Vaaltyn. Foto's verskaf
"Farren het sommer heel eerste gesê sy wil saamry, terwyl Heinrich nog 'n bietjie gewonder het.
"Hulle het al drie kinders vir 'n draai op die motorfiets geneem en daarna vir elkeen 'n geskenk gegee voor hulle na Swellendam gery het.
"Dit was regtig wonderlik om hulle te kon ontmoet en ons sien uit na volgende jaar om hulle weer te sien."
Kyk 'n video hieronder:
Izak het altyd gewonder hoekom God hom nie onmiddellik genees het nie en hoekom hy juis hierdie pad moes stap, maar dan verwys hy na die vergelyking in die Bybel waar Jesus die blinde man genees deur modder aan te smeer.
"Dis hoe ek my chemo sien. Dit was soos die modder wat Jesus op die blinde se oog gesit het."
Tomeno Human saam Izak Wessels op die motorfiets terwyl sy pa, Benjamin bystaan.
Sy visie vir die toekoms is om 'n hele week lank van dorp tot dorp te ry en kinders met kanker te besoek.
Lees 'n vorige artikel: Motorfietsvreugde vir kinders met kanker
ARTIKEL & VIDEO: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'