Video
HESSEQUA NUUS & VIDEO - Kinders met kanker van Albertinia, Riversdal, Heidelberg en Swellendam is met ‘n geskenk en ‘n motorfietsrit op Vrydag 10 November verras.
Izak Wessels van Mosselbaai het self ‘n pad met kanker gestap en het gereeld op sy motorfiets gery om sy kop skoon te kry tydens sy chemobehandelings.
Hy het in hierdie donker tyd van sy lewe absoluut die genade van die Here beleef.
“God het vir my gesê om Hom te herinner aan Sy beloftes, nie omdat Hy dit vergeet nie, maar sodat ek dit kan onthou.”
Hy het besef hoe baie kinders daar is wat kanker het en geweet dit moet vir hulle baie moeiliker wees as vir volwassenes.
Hy wou ‘n verskil maak en het besluit om dit wat hom gehelp help, te gebruik om ander te help.
Die uitreikrit G3 is vyf jaar gelede begin. Dit staan vir genade, geloof en genesing.
Sy visie vir die toekoms is om ‘n hele week lank van dorp tot dorp te ry en kinders met kanker te besoek.
Kyk 'n video hieronder:
Tomeno Human en sy pa Benjamin saam met Izak Wessels op fiets. Foto: Verskaf
Heinrich Februarie saam met Wessels op die motorfiets terwyl sy ma, Barbie langsaan staan.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & VIDEO: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'