Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Altesaam 80 ruiters op 46 ysterperde het Saterdag 8 Junie vanaf Riversdal oor Heidelberg na Swellendam gery en 168 komberse vir behoeftiges bymekaar gemaak.
Die lede van Solidariteit Helpende Hand se motorfietsklub het die rit gereël om ‘komberse vir mense wat swaarkry’ in te samel, het die organiseerder, Corrie van der Westhuizen van Witsand gesê.
“Motorfietsryers het groot harte vir mense in nood, veral vir oumense en kinders wat weens die ekonomiese toestande swaarkry.”
Motorfietsryers van George, Mosselbaai, Riversdal, Stilbaai, Witsand, Heidelberg, Swellendam, Strand en Gordonsbaai, Wellington, Worcester en die Paarl het deelgeneem.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'