Update
RIVERSDAL NUUS - Twee plaaslike inwoners het Maandagaand, 18 Julie, omstreeks 19:30 ligte beserings opgedoen toe die regteragterwiel van die motor waarmee hulle op die N2 na Riversdal op pad was gebars, die voertuig gerol en op die kant van die pad op 'n sementstrook te lande gekom het.
Die voorval het 'n paar kilometer buite die dorp gebeur.
Die motor is afgeskryf. Beide die bestuurder en sy passasier het geskok rondgestaan terwyl die polisie en nooddienspersoneel die toneel beveilig en opgeruim het.
'n Polisiebeampte op die toneel het gesê dis net 'n bestiering dat niemand enige ernstige beserings opgedoen of selfs in die ongeluk omgekom het nie.
Vorige artikel: Motor rol nadat agterband bars
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'