RIVERSDAL NUUSFLITS - ‘n Klein bobbejaantjie wat wees gelaat is nadat sy ma doodgeskiet is, is van ‘n gewisse dood gered.
Iemand het die bobbejaantjie by die lewelose liggaam van sy ma gesien en vir Emtia Hougaardt vir hulp gekontak.
Sy en haar seun, Adriaan het hom gaan oplaai en na Riversdal Dierekliniek geneem sodat hy in ‘n hokkie aangehou kon word tot hul permitte kon kry, aangesien dit teen die wet is om bobbejane by jou huis aan te hou.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'