TUINROETE | HESSEQUA NUUS - Die verhoor van Zane Kilian (39) se ma, Heila Kilian wat in 2018 op 'n plaas buite Stilbaai vermoor is, gaan weer op 23 Maart 2021 in die rondgaande hooggeregshof op Mosselbaai voort.
Zane is onlangs in verband met die moord op luitenant-kolonel Charl Kinnear (52) in hegtenis geneem, 'n opspraakwekkende saak wat die land geruk het. Kinnear was 'n topspeurder wat verskeie hoëprofielsake ondersoek het.
Zane het vermoedelik Kinnear se selfoon nagespoor en het in die hof verskyn op aanklagte van sameswering om moord te pleeg, moord en die onwettige onderskepping van kommunikasie.
Die Mossel Bay Advertiser en Suid-Kaap Forum doen beriggewing oor die Kilian-moordverhoor.
Kilian is deur vyf verdagtes aangeval en doodgeskiet terwyl sy by haar suster, Brenda Thomas op 'n plaas gekuier het. Zane het ook gedeeltes van die verhoor saam met sy pa, Hein Kilian bygewoon.
Hy het al as stut vir die Valke, Griekwas, Kings en die Suid-Afrikaanse Barbarians uitgedraf en het op Vrydag, 25 September in die landdroshof in Bishop Lavis sy eerste verskyning, onder swaar polisiebewaking gemaak.
Die verhoor van die vermeende moordenaars het in Maart vanjaar voortgegaan, maar is weens die Covid-19 inperking uitgestel. Tydens die laaste hofsitting het Brenda se man, David getuig hoe hy tydens die aanval aangerand is.
Die verdagtes bly in aanhouding vir die duur van die verhoor.
Brenda Thomas en wyle Heila Kilian.
Charl Kinnear is voor sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet.
Verwante artikels:
Mossel Bay Advertiser:
- Victim testifies how she could hear husband's cries
- Still Bay case: 'Driver' testifies
- Second farm murder confession admissible
- Farm murder confession inadmissible
- Vyf moordverdagtes pleit onskuldig
- Farm murder: Identity parade deemed admissible
- Judge to decide about photos in court
- Plaasmoord: Identiteitsparade vandag onder vergrootglas
- Murder at farm braai: 5 in court
- Farm murder: 5 to appear in high court
- Plaasaanval: Blye weersiens word tragedie
- Stilbaai-Plaasmoord: 4 verdagtes vas
- Opvolg: Vrou sterf in plaasaanval
- Plaasaanval: Gerugte van arrestasies onwaar
- Opvolg: Vrou sterf tydens plaasaanval
- Plaasaanval buite Stilbaai: 1 dood
Suid-Kaap Forum:
- Só lyk die Stilbaai 5
- Farm murder: Identity parade deemed admissible
- Judge to decide about photos in court
- Plaasmoord: Identiteitsparade vandag onder vergrootglas
- Murder at farm braai: 5 in court
- Farm murder: 5 to appear in high court
- Plaasaanval: Blye weersiens word tragedie
- Stilbaai-Plaasmoord: 4 verdagtes vas
- Opvolg: Vrou sterf in plaasaanval
- Plaasaanval: Gerugte van arrestasies onwaar
- Opvolg: Vrou sterf tydens plaasaanval
- Plaasaanval buite Stilbaai: 1 dood
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'