Update
RIVERSDAL NUUS - Die jong vrou wat van die moord op ‘n Zimbabwiese burger aangekla word, het Dinsdag 22 Augustus vlugtig hier in die plaaslike streekhof verskyn.
Chrislee-Ann September (19) het glo die slagoffer, Linda Litemwe (26), op Woensdagoggend, 10 November 2021, vermoor. Haar liggaam is in haar Wendy-huis aangetref is.
Die voorval het op die plaas Doringvlei plaasgevind waar beide die oorledene en die beskuldigde gewoon het.
Die saak is tot Dinsdag 5 September uitgestel.
September bly in aanhouding tot haar volgende verskyning.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’