RIVERSDAL NUUS - Molenrivier Primêr, 'n landelike skool net buite Riversdal het Dinsdag, 28 Junie ses splinternuwe fietse ontvang.
Die skenking is 'n inisiatief van Cape Country Unplugged met die ondersteuning van Pedal Power se Bicycle Empowerment Network (BEN) en Bike4all.
Dié projek het ten doel om die belangrikheid van padveiligheid en verkeersreëls in laerskoolleerders vas te lê.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'