HESSEQUA NUUS - Hessequa-streek se damvlakke bly stadig maar seker te daal en inwoners word versoek om water spaarsamig en oordeelkundig te gebruik.
Slegs 2,6 mm reën is die afgelope week in die Korentepoortdam se opvanggebied gemeet en slegs 11,8 mm vir die maand.
Vlak 3-waterbeperkings is vir Albertinia sedert 1 Maart ingestel, terwyl die res van die streek aan Vlak 2-beperkings onderhewig is.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'