Hierdie fondse is spesifiek ingesamel om die vloerbedekking by Huis Zenobia du Toit te vervang. Al die pragtige klere en modelle is vanaf 'n prag damesklerewinkel op Heidelberg ingevoer.
Daar is heerlik na die nuutste somermodes gekyk wat tot die nuutste bikini vir die ouer vrouefiguur ingesluit het. Tien Witsand-dames het aangebied om as gasvrouens vir hierdie geleentheid op te tree en die tafels is vrolik gedek. Die heerlikste eetgoed is aangebied en geborg deur Penny Taylor en Ronel Mennell.
Daar is ook baie pryse geskenk vir 'n gelukkige trekking en 'n dame by elke tafel het 'n prys gewen. Marlene Swart het almal bedank vir hul ondersteuning om hierdie spogfunksie 'n sukses te maak en bevestig dat dit 'n jaarlikse instelling gaan word.

Organiseerders van die Lente Tee is van links Suzie Claassen (sameroeper), Nita Pretorius en Marlene Swart, wie se idee dit was om die funksie te hou.