HEIDELBERG NUUS - Vir 17 jaar was sy mishandel, aangerand en eenkeer vir die dood agtergelaat voor sy tot die besef gekom het dat sy dit nie in haar lewe nodig het nie.
So vertel Elizabeth Jacobs (33), enkelma van drie kinders van Joe Slovo Park op Heidelberg.
Sy vertel met heimwee in haar stem dat haar vriende en familie baie keer hul rug op haar gedraai het. Sy het ook al probeer om selfdood te pleeg, wat nie geslaag het nie.
Uiteindelik neem sy ’n besluit wat haar lewe verander. “Ek gaan nooit weer toelaat dat enige man my ooit weer mishandel nie.”
Sy spoor alle vroue aan om nie toe te laat dat hul eggenote, vriende of saamleefmaats hulle aanrand, verneder of enigsins mishandel nie.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'