Update
RIVERSDAL NUUS - Alan Winde, minister van gemeenskapsveiligheid is nie net oor veiligheid nie, maar ook entrepreneurskap passievol.
Met sy besoek aan Riversdal het hy Maandag 14 Januarie kaas by 'n plaaslike kaasfabriek geproe en R&S Tissue Culture Laboratories besoek.
Dié laboratorium is 'n belangrike ekonomiese stimulus vir die gemeenskap en hul aktiwiteite en samewerking met plaaslike verskaffende maatskappye, ondersteun en dra by tot die welsyn van die plaaslike gemeenskap.
"Suid-Afrika het een van grootste werkloosheidsyfers en daarom wil ek entrepreneurskap aanmoedig. Dit maak my trots en ek word bly wanneer ek sien hoe produkte uit die gebied produseer word. So groei entrepreneurskap," het hy gesê.
Winde wat ook DA Premierkandidaat vir die Wes-Kaap is, het genoem dat vir hom verblydend is om te sien dat Hessequa reeds van sonkrag gebruik maak. "Ons sit met die risiko van krag en daarom is dit so belangrik dat meer mense sonkrag begin gebruik."
Thinus Duvenhage van Huis Wallace Anderson het meer van hulle projekte tydens Winde se besoek aan Droom vertel. Ook dié projek het Winde beïndruk. Winde wil op gesondheid, onderwys, openbare vervoer en veiligheid fokus. Vanaf Riversdal het hy na Swellendam vir 'n sakesektor vergadering gereis, waar hy plaaslike sakeleiers ontmoet het.
Lees 'n vorige artikel hier: Minister besoek Riversdal.
Tinus Duvenhage vertel meer van Huis Wallace Anderson.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'