STILBAAI NUUS - Die Wes-Kaapse minister van finansies, dr. Ivan Meyer het die dorp Saterdag 23 Junie besoek waar hy lede van die gemeenskap toegespreek het tydens 'n 'Let's Talk'-ontbyt.
Die geleentheid het saamgeval met Jeugdagvieringe in Melkhoutfontein, waar die minster saam met die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles, asook die speaker en voorsitter, Andrew Stroebel, die onder-voorsitter van die Hessequa-kiesafdeling, Sandile Booysen en die adjunk-hoofsweep van die DA in die Wes-Kaapse provinsiale wetgewer, Denis Joseph, die verrigtinge bygewoon het.
Meyer het die gaste toegespreek oor hul visie, veral wat die Wes-Kaap betref en het geleentheid vir vrae gegee terwyl Riddles meer agtergrond oor die munisipaliteit se werksaamhede en beplanning verskaf het.
Rdl. Tinus van den Berg was ook 'n gasspreker by die ontbyt wat by Matchbox aangebied is. Die besoekers het daarna die Jeugdag-aktiwiteite in Melkhoutfontein bygewoon.
Van links: Sandile Booysen, Denis Joseph, Grant Riddles, dr. Ivan Meyer, Tinus van den Berg en Andrew Stroebel.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'