MELKHOUTFONTEIN NUUS - Moses Michaels, bekende inwoner, oud-onderwyser, ledeprediker en gemeenskapsleier se lewensboek sluit finaal op Saterdag, 16 Januarie.
Moses, die tweede oudste van 12 kinders, is op 13 Junie 1928 op Riversdal gebore.
Na sy skoolopleiding bekwaam hy hom as onderwyser aan die destydse Zonnebloem-kollege. Hy tree toe tot die onderwys in 1946 by Melkhoutfontein Primêre skool tot sy aftrede.
“Dit is met groot hartseer dat Melkhoutfontein van ‘n legende afskeid neem wat die gemeenskap se belange op die hart gedra het,” het die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles, wat ook ‘n familielid is, gesê.
Die begrafnisdiens vind Saterdag, 23 Januarie vanuit die St Augustine kerk om 12:00 plaas, waartydens Riddles ook ‘n huldeblyk sal lewer.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'