RIVERSDAL NUUS - Enige verdagte gedrag moet dadelik by die plaaslike polisiestasie aangemeld word.
Só vra lt. kol. Delicia Isaacs, Riversdal-polisie se stasiebevelvoerder. Sy waarsku dat misdaad in die dorp geleidelik toeneem en het die volgende riglyne gegee:
- Sluit jou huis se deure.
- Hou hekke en motorhuisdeure dag en nag toe.
- Moenie selfone, handsakke, rekenaars en ander waardevolle items in jou motor los nie.
- Maak altyd seker jou motor is gesluit.
- Wanneer jy iets, of selfs iemand verdag sien, meld dit aan.
"Baie gevalle van diefstal uit motors is die afgelope tyd aangegee. Mense is skepties om dinge aan te meld. Ons het onlangs twee minderjariges afkomstig van die Kaap, in die dorp gekry. Een van hulle is reeds van moord en poging tot moord aangekla. Niemand ken hulle nie, en niemand het dit aangemeld dat die twee by 'n huis rondhang nie. Die gemeenskap moet ons help en hierdie soort gedrag aangee."
Skakel die polisiekantoor by 028 713 8500.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'