Update
RIVERSDAL NUUS - Die afgelope twee weke het inbrake uit voertuie in die middedorp aansienlik toegeneem.
So sê konst. Venia Daries, die polisie se mediaska-kelpersoon.
"Verskeie voorvalle van diefstal uit voertuie het die afgelope ruk veral op 'n Donderdag en Vrydag voorgekom.
Ons raai motoriste aan om hul motorversters dig toe te maak en hul motors te sluit voor hulle dit verlaat."
In een geval is die hele ruit verwyder om toegang tot die voertuig te verkry.
Daries waarsku ook dat mense bewus moet wees van wat om hul aangaan wanneer hulle geld by 'n kitsbank onttrek. "Let veral op vir vreemde persone wat hulp aanbied. Veral ouer persone moet ook verkieslik iemand saamneem wanneer hulle gaan geld onttrek, want hulle word maklik oorrompel en beroof."
Sy waarsku ook die gemeenskap om bedag te wees op sogenaamde geldleenskemas wat jou vra om 'n bedrag geld in 'n rekening te betaal sodat jy geld kan leen. "Pasop, dit is 'n bedrogspul."
Volgens Daries het die polisie beslag gelê op vervalste goedere soos onder meer sanitêre doekies en suurdeeg. Die eienaars van die informele winkels is boetes opgelê.
Lees 'n vorige artikel hier: Diefstal uit voertuie neem toe
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'