RIVERSDAL NUUS - Diefstal uit voertuie in Riversdal se middedorp het die afgelope ruk kommerwekkend toegeneem.
Die polisie waarsku voertuigeienaars om nie waardevolle items in die motor te laat rondlê waar dit sigbaar is nie.
Sluit dit liewer in die kattebak toe.
Hulle moet ook seker maak die vensters is behoorlik toe en die deure gesluit voor hulle die voertuig verlaat.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'