STILBAAI NUUS - Om 73-jaar getroud te wees, is langer as wat baie mense die voorreg het om te leef – en dit sit ook nie in enigiemand se broek nie, maar kos sekerlik vasbyt, op die tande kners… en baie liefde!
Chris (97) en Kitty (93) Steytler het Saterdag, 19 September hierdie uitsonderlike mylpaal saam met hul bure, Lettie Naudé, asook Lena en Peet Marx gevier.
Die Steytlers is die afgelope jaar in Carewell op Stilbaai woonagtig.
Die egpaar is in 1947 in Waterval Boven getroud.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'