Gallery
STILBAAI NUUS - NSRI se stasie 31 op Stilbaai het 1 160 deelnemers na hul jaarlikse 10km wedloop gelok.
Inskrywings het steeds vanoggend, 31 Desember ingestroom.
‘n Goeie gees het langs die hele roete geheers, terwyl omstanders elkeen wat verby gedraf óf gestap het, aanmoedig.
Met die laaste 4km het baie atlete gesukkel om in die sand vastrapplek te kry en het dit hulle behoorlik uitgeput.
Arno Cilliers (14) was die eerste junior seun en Monique Kotzé die eerste junior meisie. Johnny Young skop stof in almal se oë en was sommer vinnig die eerste man oor die wenstreep. Kobus Uys is tweede en Mark Price derde.
Tommy Doubell en Elanza Theron wen die meesters afdeling.
Ursula Turck wen die vroue afdeling met Annelie Heyns tweede en Marelize Cilliers derde.
Mense van sover as Johannesburg, Pretoria, Robertson en Stellenbosch het deelgeneem.
Elkeen wat die wedloop voltooi het, het ‘n medalje ontvang.
NSRI Stasie 31 bedank almal wat deelgeneem het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'