RIVERSDAL NUUS - ‘n Massasterilisasie word in Oktober deur Community Animal Rescue Society(CARS) by Riverville-stadion beplan.
Daar is net plek vir 150 diere en indien jy gou genoeg vir Sandra Lotz kontak verseker jy dat jou troeteldier op die waglys kom.
Dit kan ongelukkig nie gratis gedoen word nie en jou bydrae word bepaal volgens jou inkomste.
Sandra pleit by die gemeenskap om haar tegemoet te kom en brandstof te skenk en ook om haar te help met die monitering van die diere op die dag.
Tree in verbind met Sandra Lots (SLEGS op Whatsapp) by 082 962 1831.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’