RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike Volkskerk van Afrika was die gasheer vir die jaarlikse Suid-Kaap distrik se korefees.
Dit het in die Martin Johnson-saal op Sondag 24 Junie plaasgevind. Die fees is voorafgegaan deur 'n erediens wat gehou is in die saal, aangesien die plaaslike kerkgebou te klein is.
Die liturg was dominee Garett Moller, konsulent verbonde aan die gemeente en die prediker was dominee Neil Smith. Die fees is deur die distrikssuperintendent, ds. Wendoll Davidsor geopen.
'n Massakoor, bestaande uit die distrikskerke het die fees met die lied, Jesus is the only Name geopen. Kore van Oudtshoorn, Riversdal, Mosselbaai, Dysselsdorp en Knysna het die Skepper geloof en prys met hul individuele aanbiedinge. By die Riversdal-gemeente is Nellie Marcus (91) die oudste lidmaat, koorlid, asook die koorafrigter.
Here I am Lord is ter afsluiting van die fees deur die massakoor gesing.
Heel regs is Nellie Marcus en twee van haar kleinkinders tydens die fees. Foto: Keith Eksteen, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'