Gallery Video
STILBAAI NUUSFLITS EN VIDEO - Marinda Odendaal is nie bang om die stuurstang van ‘n groot vragmotor te vat nie en het reeds haar kode 14 lisensie en openbare vervoer permit gekry toe sy 21 jaar oud was.
Sy wou eers siviele ingenieurswese gaan studeer het, maar nadat sy vir ’n konstruksie maatskappy gewerk het, anders besluit.
Sy geniet dit om ’n operateur van swaar masjienerie soos ‘n laaigraaf te wees. Sy het met grondverskuiwing masjiene en vragmotors grootgeword, dus het sy al as klein dogtertjie geleer hoe om daarmee te werk.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'