RIVERSDAL NUUS - Inwoners het oor 'n mangat in Cronjéstraat, wat blykbaar reeds vir 'n hele ruk slegs met sementblokke bedek is, gekla.
Heelwat rommel het in die gat beland en 'n inwoner het dit self uitgehaal.
Volgens Hessequa-munisipaliteit is die deksel van die mangat gesteel. "Omdat hierdie deksel eers bestel moet word, is sementblokke as tydelike oplossing gebruik. 'n Nuwe deksel behoort binnekort geïnstalleer te word," aldus Susan Geldenhuys, woordvoerder.
*Residents complained about a manhole in Cronjé Street that was only covered with two cement blocks. According to Hessequa Municipality, the lid was stolen and will be replaced soon.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'