STILBAAI NUUS - ‘n 19-Jarige man is Saterdag 25 November vir dronkbestuur gearresteer nadat hy klaarblyklik beheer oor sy motor verloor en dit in die veld tot stilstand gekom het.
Die voorval het teen ongeveer 19:30 op die R305 naby Droëvlakte gebeur.
Die jongman en ‘n meisie wat saam met hom in die motor was, het albei ligte beserings opgedoen.
Die wit Toyota Tazz, wat oor ‘n draadheining langs die pad is voor die in die veld beland het, is erg beskadig.
Volgens a.o. Morné D’Emiljo van Stilbaai-polisie gaan ‘n addisionele klag van roekeloos en nalatige bestuur bygevoeg word.
Die motor is oor die draadheining waar dit in die veld tot stilstand gekom het.
ARTIKEL & FOTO'S: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'