STILBAAI NUUSFLITS - ‘n 52-Jarige man, Charles John Michaels het vroeër vandag dood in sy spore neergesak voor die dokter se spreekkamers in die dorp.
Volgens Stilbaai-polisie se stasiebevelvoerder is die man se mediese geskiedenis nie bekend nie en sal ‘n outopsie uitgevoer word om die oorsaak van dood te bepaal.
Geen verdere inligting is tans bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'