SLANGRIVIER NUUS - Alex Phillips (33) van Slangrivier het vroeg Sondagoggend, 30 Julie, tragies aan sy einde gekom toe hy glo in die pad gelê en 'n kar oor hom gery het.
Volgens Heidelberg-polisie het die voorval om ongeveer 00:25 op die Vleidampad plaasgevind. "Die aanklagkantoor het 'n oproep oor die voorval ontvang," het die stasiebevelvoerder, kol. Jeremy Lewak, aan Suid-Kaap Forum gesê.
Teen spertyd was die nadoodse ondersoek nog nie gedoen nie.
Die bestuurder van 'n wit Toyota is op die toneel in hegtenis geneem op aanklag van bestuur onder die invloed van sterk drank en strafbare manslag.
Hy is later op waarskuwing vrygelaat om op 29 Januarie 2018 in die hof te verskyn. Die saak word ondersoek.
Phillips het as 'n verwer by 'n plaaslike boukontrakteur gewerk.
Hy laat sy ma, Cornelia Phillips, twee kinders, drie susters en 'n broer agter. Die begrafnisdiens vind Saterdag 5 Augustus om 09:00 vanaf die huis in Klaassenstraat, Onder-rivier, plaas.
Lees 'n vorige artikel: Man dood toe kar glo oor hom ry
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'