SLANGRIVIER NUUS - Alex Phillips (33) van die dorp het vroeg vanoggend tragies aan sy einde gekom toe hy glo in die pad gelê en 'n kar oor hom gery het.
Volgens die polisie het die voorval om ongeveer 00:25 op die Vleidampad gebeur.
Die bestuurder van 'n wit Toyota is op die toneel gearresteer en vir bestuur onder die invloed van sterk drank en strafbare manslag aangekla. Hy is later vrygelaat.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'