HEIDELBERG NUUS - Gerhard Johannes Hoffman (34) het Dinsdag, 11 Januarie in Tygerberg-hospitaal beswyk na 'n vragmotor hom getref het terwyl hy besig was om 'n gebreekte voertuig op 'n insleepwa te laai.
Gerhard is drie maande gelede met Adri getroud en was in Swellendam woonagtig.
Buiten sy vrou laat hy sy pa en broer, Bertie en Robert Hoffman, asook 'n suster, Louise Martinus agter. Sy pa is 'n oud-Heidelberger wat nou ook in Swellendam woon.
'n Datum vir die begrafnisdiens is nog nie beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuuste Heidelberg, Hessequa nuus'