Update
RIVERSDAL NUUS - 'n 45-jarige Man van Kwanokuthula het betreklik lig daarvan afgekom toe sy motor Dinsdagmiddag 19 September in 'n botsing op die N2 met 'n swaar vragmotor betrokke was.
Dit wil voorkom of die motorbestuurder 'n vragmotor dopgehou het wat vanuit Albertinia se rigting op pad was Kaap toe en nie opgemerk het dat 'n tweede swaar vragmotor vanuit die teenoorgestelde kant van die Kaap se kant af op hom afpyl het nie.
Volgens die plaaslike polisie was die motorbestuurder op die Vermaaklikheidspad na Riversdal op pad toe hy die N2 gekruis en die swaar vragmotor hom aan die passasierskant getref en oor die N2 gestamp het.
Omstanders op die toneel sê hulle het net 'n groot slag gehoor toe die trok in die motor vasgery het.
Die polisie wou nie die naam van die bestuurder bekend maak nie.
Hulle vermoed die man het hom met die spoed en afstand van die aankomende vragmotor uit die Kaapse rigting misgis terwyl hy besig was om die ander vragmotor aan sy bestuurskant dop te hou.
Toe hy wel die ander vragmotor sien, was dit hopeloos te laat en kon die vragmotor nie uitswaai of betyds stilhou nie.
Sy motor is onherstelbaar beskadig en hy is ná behandeling deur die noodpersoneel op die toneel met 'n nekbesering na die Riversdal-hospitaal vervoer.
Die vragmotor en sy bestuurder is ongedeerd.
Die polisie wou nie die naam van die bestuurder bekend maak nie.
Noodpersoneel besig om die beseerde man in sy motor te stabiliseer voordat hy na die Riversdal-hospitaal vervoer is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’