ALBERTINIA NUUS - 'n 35-jarige man is Donderdag 27 April in Albertinia op heter daad met gesteelde eiendom betrap danksy die flinke optrede van konst. Ashwill Gelderblom.
Gelderblom het die verdagte in Bloekomparklaan opgemerk waar hy onderweg was na sy woning met 'n voertuigbattery in sy besit. Hy het die battery glo by Albertinia-meubelvervoer vasgelê.
Die verdagte is gearresteer en gaan op Donderdag 4 Mei in die plaaslike landdroshof verskyn waar hy om borgtog gaan aansoek doen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’