ALBERTINIA NUUS - 'n Jong man is dood en sy suster ernstig beseer toe 'n bakkie omstreeks 17:30 Sondag 9 Februarie die N2 by die Hectorskraalpad naby die dorp verlaat en omgeslaan het.
Volgens die polisie was die 18-jarige saam met sy ouers en suster op pad terug na Kaapstad na hulle blykbaar 'n begrafnis bygewoon het.
Een van die voertuig se bande het gebars en die pa, wat bestuur het, het beheer daaroor verloor.
Die oorledene, een van 'n tweeling, se naam is nog nie bekend gemaak nie. Sy suster is na Riversdal-hospitaal gehaas, van waar sy later na George-hospitaal oorgeplaas is. Die ouers is ongedeerd.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'