Update
ALBERTINIA NUUS - Misdaad is besig om toe te neem omdat die werkloosheidsyfer al hoër raak.
"Ongelukkig beskou baie dit as 'n maklike uitweg om hul na misdaad te wend om hul daaglikse behoeftes te 'bekom'.
"Die polisie kan nie oral wees nie, daarom is 'n buurtwag van onskatbare waarde om hul oë en ore te wees," sê Stephanie Rossouw, betrokke by opleiding en registrasies by Albertinia-buurtwag.
Buurtwagte het egter mense nodig wat bereid is om hul tyd op te offer om te help om hul gemeenskap veilig te hou, sonder enige vergoeding, maar die wete dat hulle daartoe kan bydra.
Hoe werk dit?
'n Buurtwagprogram is 'n groep mense wat in dieselfde buurt woon en wat die omgewing vir hulself, hul familie en vriende help beveilig deur samewerking met die polisie en ander plaaslike wetstoepasingsorganisasies.
Daar is geen kostes om aan te sluit nie. Die werk is vrywillig. Persone kan hul naam vir eenkeer per maand, slegs drie ure opsit.
"Die regte opleiding sal aan die persoon verskaf word," verduidelik Rossouw.
Albertinia-buurwag is nou by die departement van gemeenskapsveiligeid (DOCS) geregistreer en hulle het 'n grondwet waarvolgens hulle werk. "Ons struktuur bestaan uit 'n beheerligaam; beheerkamer, patrolleerders (te voet en per voertuig), asook ons aksiespan."
Dus, indien dit vir jou belangrik is om in 'n veilige omgewing te woon, sluit gerus aan. Vir navrae, kontak die voorsitter, Jerome Paulsen (063 764 1404), Stephanie Rossouw (072 996 3214) of die tesourier, Braam Joubert (082 727 8707).
Vorige artikel: Maak 'n verskil
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'