ALBERTINIA NUUS - Misdaad is besig om toe te neem omdat die werkloosheidsyfer al hoër raak.
“Die polisie kan nie oral wees nie, daarom is ‘n buurtwag van onskatbare waarde om hul oë en ore te wees,” sê Stephanie Rossouw, betrokke by opleiding en registrasies by Albertinia-buurtwag.
Buurtwagte het egter mense nodig wat bereid is om hul tyd op te offer om te help om hul gemeenskap veilig te hou.
Indien jy belangstel om aan te sluit, kan die volgende persone vir meer inligting gekontak word: Die voorsitter, Jerome Paulsen (063 764 1404), Stephanie Rossouw (072 996 3214) of die tesourier, Braam Joubert (082 727 8707).
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'