Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Ma en seun van Heidelberg het Vrydagaand, 2 Oktober om 23:00 op die N2, ongeveer 7km buite Riversdal gesterf toe die Uno waarin hulle op pad huis toe was, reg van voor met 'n Opel Corsa gebots het.
Die 59-jarige Petronella (Mamie) Bush en haar 33-jarige seun, Samuel (Marius) Bush van Ysterhoutstraat in Diepkloof, is albei op die toneel dood.
Die ander drie insittendes is in die Riversdal-hospitaal opgeneem. Twee beseerdes, waaronder Mamie se 17-jarige gestremde dogter, Candice, is Saterdagoggend ontslaan. Die ander passasier, Henk Steeneberg is na die provinsiale hospitaal op George met ernstige beserings oorgeplaas.
Die bestuurder van die Corsa het ongedeerd daarvan afgekom, terwyl sy passasier ligte beserings opgedoen het.
Buiten haar dogter laat Petronella ook twee kleinkinders agter.
Volgens kapt Malcolm Pojie, polisiekommunikasiebeampte vir die Suid-Kaap dui die voorlopige ondersoek aan dat die Uno in die rigting van Heidelberg gery en na bewering 'n vragmotor verbygegaan het toe hulle met die Corsa gebots het.
Albei voertuie het die pad op impak verlaat. 'n Klag van strafbare manslag word ondersoek.
Wyle Mamie Bush
Vorige artikel: Ma en seun sterf saam
'Ons bring jou die nuutste Heideberg, Hessequa nuus'