Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Dit was duidelik dat die rye draaiende en swaaiende lyndansers in Stilbaai-gemeenskapsaal hulself gate uit geniet het tydens hulle jaarlikse sosiale geleentheid.
Saterdag 25 Mei was dit die agtste keer wat klubs van regoor die Wes-Kaap hier saam dans en kuier.
Die idee was ’n gesamentlike inisiatief van die Stillbilly Rockers van Stilbaai en die Alleycats van Tableview en Montevista in die Kaap.
Hierdie jaar was 10 lyndansklubs verteenwoordig.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'