Gallery Video
STILBAAI NUUSFLITS EN VIDEO - Ongeveer 80 vroue en ’n paar mans van sover as die Kaap het Saterdag 5 Mei op Stilbaai bymekaargekom vir die jaarlikse sosiale lyndansbyeenkoms.
Dié byeenkoms word jaarliks deur Hes de Villiers van Stilbaai se Still Billy Rockers-klub, in samewerking met Allison ‘Alley’ Dickson van die Kaap georganiseer.
Volgens De Villiers, wat die Still Billy Rockers-klub in 2005 op die been gebring het en dit steeds lei, het die Stilbaaiklub sy eie dans wat deur Dickson geskep is.
Dansers het vanaf 10:00 tot 16:00 in die gemeenskapsaal gedans.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'