RIVERSDAL NUUS & VIDEO - Riversdal-hospitaal het oor die afgelope weke lootjies verkoop, waar halwe skape gewen kon word om geld vir die hospitaal in te samel, aangesien hulle as gevolg van Covid-19 nie ander fondsinsamelingsprojekte van stapel kon stuur nie.
Die uitvoerende burgemeester van Hessequa-munisipaliteit, Grant Riddles het Dinsdag, 21 Desember die trekking by Riversdal-hospitaal behartig om te sien wie die halwe skape gewen het.
Riddles het self ook 'n halwe skaap geskenk en Dr Fourie het die meeste kaartjies verkoop.
Die hospitaalbestuurder, dr Gideon van Tonder het tydens die geleentheid die personeel vir hulle toegewydheid en harde werk bedank, veral die afgelope twee jaar sedert die pandemie.
'Ons bring jou die nutuste Hessequa nuus'