Gallery
STILBAAI NUUS - Die liefdesslot 'brug' is amptelik Vrydag 7 Desember by die Walvisuitkykpunt geopen.
Verskeie paartjies wat reeds 'n hele paar jaar gelede die 'slot deurgehaak' het, het hul slotte met dié geleentheid vasgesluit.
Dr. Rossie en Sarie du Plessis wat reeds 66 jaar getroud is, was die heel eerste paartjie om hulle slot te laat pryk.
Dries en Elmarie de Beer het ter viering van hul 33ste huweliksherdenking op die dag, hul persoonlik gegraveerde slot gesluit.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Dr. Rossie en Sarie du Plessis sluit hul liefdesslot vas.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'