HEIDELBERG NUUS - Verskeie inwoners van Heidelberg het Donderdag 1 September, met die aanbreek van die eerste dag van die lenteseisoen, geen geheim gemaak van hul gevoelens oor dié tyd van die jaar nie.
Suid-Kaap Forum se korrespondent, Clive Pretorius, het ‘n paar van hulle by hul werksplekke en by winkels raakgeloop en op kamera vasgelê.
Janine Jacobs, 'n administratiewe klerk by Heidelberg-polisie, in vrolike lenteluim by die werk.
John Hartnick, alombekend as oom Jannie, en sy metgesel, Maria Kleinhans is tydens hul inkopies in die dorp vasgetrap.
Mandy Meintjies (links) vier lente saam met 'n winkelassistent Sue-Jane Hartnick tydens haar inkopies.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'