STILBAAI NUUS - Die rolbalspan van Lekker Man Lekka het Stilbaai-rolbalklub se gewilde aksierolballiga gewen.
Bertie Barnard was tweede met Roman Security derde.
Veertien spanne het dit oor ses weke uitgespook om die kroon te dra.
Die liga skop weer af in Februarie 2023 en spanne kan nou al inskryf.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'