Gallery
RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven het Dinsdag, 16 November van ‘n legendariese skoolhoof, mnr Piet de Villiers afskeid geneem.
Hy was vir 25 jaar skoolhoof, maar 41 jaar by dié skool betrokke.
Die leerders het erewag gestaan en vlaggies gewaai terwyl hy en sy vrou, Susan deur Frans Myburgh (ouer en oud-beheerliggaamvoorsitter) met ‘n gholfkar by die skool ingery het.
Fotogalery: Hoërskool Langenhoven groet Mnr de Villiers
Mnr Jan Odendaal, oudonderwyser en ‘n afgetrede OBOS-Oos kringbestuurder in samewerking met mnr André Hansen van Hessequa-munisipaliteit, 25 wit kareebome vir die skool geskenk.
Dit is simbolies van die 25-jaar wat De Villiers skoolhoof was.
Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'