Die leeskring het ook onlangs hul jaarlikse boekverkoping gehou, wat volgens hulle baie suksesvol was. Inwoners van die dorp en omge-wing het die winskopies opgeraap.
Die boeke wat te koop aangebied is, is van die heel nuutste op die mark.
Die lede van Albertinia Leeskring kom eenmaal per maand bymekaar en nuwe boeke word bespreek.
Sodoende word hul kennis van verskillende skry-wers verbreed en ander boeke wat deur die skrywers geskryf word, word gelees.
Die leeskring en biblioteek se doelwit is om `n liefde vir lees by kinders en grootmense te kweek.
Selma Prins het die leeskring vir die skenking en die ondersteunende rol wat hul speel bedank.
"Dit bly maar een van die lekkerste dinge om met 'n boek in die bed te klim en te lees," het sy gesê.

By die oorhandiging van die boeke, van links: Elma Matthee (voorsitter: Albertinia Leeskring), Dalene Singleton, Selma Prins (Albertinia Biblioteek) en lede van die leeskring.
ARTIKEL EN FOTO: THERESIA VAN RENSBURG, SUID-KAAP FORUM-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'