HESSEQUA NUUS - Eksamenkoors loop hoog en leerders het al die hulp nodig wat hulle kan kry om voor te berei.
Die webtuiste Afrikaans.com bied 'n opsomming van nuttige skakels na ou vraestelle en toetse wat vir hersiening gebruik kan word.
Die webtuiste bied skakels na vorige vraestelle, toetse, notas, memoranda en ander nuttige leermateriaal wat jy kan aflaai. Die meeste is gratis beskikbaar.
Baie van die webtuistes word bygewerk en jy kan gereeld gaan kyk wat nuut is. Soms is dit nodig om af te blaai om by spesifieke inligting uit te kom. Soek maar rond, jy sal wel kry wat jy soek.
Klik op Tuisblad, dan op Leerhulp en op die vak of graad wat vir jou van toepassing is. Die inligting is verpak in verskillende kategorieë, naamlik gr. 1 tot 7, gr. 8 tot 12, algemene leerhulp (taal en ander vakke) en matrieks.
Daar is ook 'n video wat wys hoe om ou vraestelle van die departement van onderwys se webtuiste af te laai.
Die webtuiste is beskikbaar by https://afrikaans.com/leerhulp/oefen-vir-die-eksamen-ou-vraestelle-en-toetse-om-af-te-laai/
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'