Video
RIVERSDAL NUUS - Leerders van Laerskool Volschenk het op 18 Junie 12 BMX-fietse namens die skool ontvang.
Volgens die hoof, mnr. Louis Lategan, gaan die fietse op ’n fietsrybaan in die Vollie Pretpark gebruik word wat ontwikkel word.
Die fietse is geskenk deur Pedal Power Association (PPA) en die Bicycling Empowerment Network (BEN), wat kragte saamgesnoer het om bikes4all te skep.
Die leerders het Woensdagoggend 19 Junie ’n ent saam met ‘n groep volwasse fietsryers gery.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Leerders van Laerskool Volschenk het Dinsdag 12 nuwe BMX-fietse in ontvangs geneem wat in hul nuwe Vollie Pretpark gebruik gaan word. Foto: Tisha Steyn
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'