Leerders van Slangrivier-, Vondeling-, Krombeks en De Waalville Primêre skole, asook Hoërskool Heidelberg het elk 'n Bybel ontvang wat deur die Word Riders Assosiasie ('n groep motorfietsryers), in samewerking met die Bybelgenootskap van Suid-Afrika geskenk is.
Volgens pastoor Martin Meyer, AGS Oos-gemeente, is hy en sy mede-geestelike leiers baie dankbaar vir die skenking, aangesien dié sektor baie kwesbaar is en maklik beïnvloed word deur verkeerde invloede waaraan die jeug daagliks blootgestel word.
Meyer en sy kollegas het tydens die oorhandiging die leerders aangemoedig om hul Bybels gereeld te lees en nie te laat stof opgaar nie.
Tydens die verrigtinge by De Waalville Primêre skool het Avril Geldenhuys, namens die skool vir Meyer en sy kollegas bedank vir die leiding wat hulle in die verband geneem het. Sy het ook haar dank aan die skenkers uitgespreek.
Die leerders was behoorlik in hul skik om 'n eie Bybel in ontvangs te neem.

Avril Geldenhuys (heel links) en haar twee kollegas (heel regs), Henmury Davids en Wilna Meyers, is in hul skik met die Bybels wat hulle ontvang het. Ds André Botha, (tweede van links), ouderling Japtha Februarie, vader Eben Pretorius en pastoor Thomas Meyer staan by.

Die leerders van De Waalville Primêre skool saam met die kerkleiers en hul onderwysers.
ARTIKEL EN FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'