HESSEQUA NUUS - Grant Riddels, uitvoerende burgemeester van Hessequa, het by navraag aan die Suid-Kaap Forum gesê hy en sy persoonlike regsadviseur verwelkom die besluit van die raad "alhoewel ons slaggereed was om die beweringe teen myself as deel van die dissiplinêre proses te toets en te weerlê.
"Sedert ek deur die kantoor van die speaker ingelig was van die beweringe teen my, het ek deurgaans my volle samewerking as deel van die ondersoek gegee.
"Die afgelope tydperk was baie emosioneel vir my, my familie, vriende en kollegas. Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om elkeen uit die diepte van my hart te bedank vir jul ondersteuning die afgelope tyd. Baie dankie vir elke oproep, boodskap en woord van bemoediging - dit word opreg waardeer.
Riddles sê hy waardeer die Hessequa-gemeenskap se geduld en vertroue in hom.
"Laat ons nou fokus op die belangrike taak op hande. Ek sal aanhou om die gemeenskap eerlik, opreg, lojaal tot die beste van my vermoë te dien, nie net omdat dit my verantwoordelikheid as uitvoerende burgemeester is, maar omdat dit my passie is."
LEES MEER: Riddles-ondersoek gestaak
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’