RIVERSDAL NUUS - Gee my krag! is die titel van ’n splinternuwe TV-reeks wat Donderdag 5 Oktober om 21:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.
Dié reeks is uit Riversdal deur die produksiehuis AWEMYBRU op die plaas Sleeping Beauty deur die rolprentmaker en kameraman Konrad Raubenheimer en sy vrou, Danielle McDonald, vervaardig.
Danielle is die vervaardiger en produksiebestuurder, Konrad is die tegniese vervaardiger en aanbieder van die reeks, met regie deur Wim Steytler.
In dié reeks steek Konrad kers op by buitengewone Suid-Afrikaners wat hulle rug op netwerkafhanklikheid gedraai het.
Die reeks fokus op mense se vindingrykheid en ondersoek elkeen se unieke aanslag en benadering tot ’n volhoubare leefstyl, hernubare energie en innoverende tegnologie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’